SlideShare a Scribd company logo
1 of 8
Download to read offline
Redakteur: Johan Schoeman, Renier Hattingh (Adjunk)
Ontwerp en uitleg: Justin Reinecke (Hoof), Philip Ellis
Nuus: Alexander Klose, Christo Langenhoven, Renier Hattingh, Simon Brand, Jaco Marais, Christoff Loubser, Charl Smit, Rayno Blomerus
Stuurdingetjies: Luke White(Hoof), CP Kock
Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht
concipioredaksie@gmail.com | Instagram: @Paul_Roos_Gimnasium | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: fb.com/PaulRoos_Gymnasium
Uitgawe/Issue 271 Jaargang XIII 2 October 2015
Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za.
ConcipioConcipio270 Editions
Wanna see me comb my hair really fast?
p.5&6
Murray het die atletiekbeker gewen met 671 punte. Hofmeyr was kort op hulle hakke met 630 punte. Derde was
Neethling met 610 punte en vierde Braid met 547 punte.
Die volgende atlete het rekords verbeter:
Atletiek: Interhuis 22 September 2015
Naam & Van
Max Jay
Jared Swanepoel
Heinrich Sullwald
Philip van Dyk
Martin Louw
Breyton Poole
David-Lee Moses
Victor Bakker
Ouderdom
17
19
19
17
19
16
19
15
Item
Spiesgooi
Diskus
Hamergooi
Gewigstoot
Gewigstoot
Hoogspring
400m Hekkies
3000m
Nuwe Rekord
51,03
42,00
51,71
14,59
12,34
1,85
62:70
11:00:00
Baie geluk aan Neethling wat soos gewoonlik die geesbeker vir die dag ontvang het.
Foto:IlanMeintjies
Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 2
The past term has been a rough
one, yet here we are, safe and
sound on the other side – relatively
safe and sound for the most part. The
third term has severely taken its toll,
to put it lightly.
There are also many positives that
can be taken from the past eleven
weeks. Our legendary victory over
Grey College certainly comes to
mind. Other achievements include
the multitude of awards our choir has
received and the three Paul Roosers
included in the SA schools team.
The third term is also the term in
which we welcome the new and say
farewell to the old. We suddenly have
a new Student Council, a new RCL
and, closer to home, a new editorial
team.
In all these new things, I see poten-
tial. Potential for greatness. A great-
ness we have become accustomed to
at the Roos. Let's keep the momen-
tum of our 150th year rolling into
the fourth term, daunting as the term
planner may seem.
But for now – hide your report from
the prying eyes of your elders, take up
your rightful position on the couch
and enjoy your holiday. You deserve
it.
Yours Truly
Johan Schoeman
Editor-in-Chief
Van Agter die Skoolbank
•	 Watter raad het jy vir die leerders wat daarna streef om gekies te word vir die leerlingraad?
Deur die verloop van hul skoolloopbaan hulself te bly, by hul waardes hou en nooit skynheilig te wees nie. Hulle moet
veral nie die weke voor die verkiesing anders optree in die klasse nie.
•	 Wat is jou gunsteling “pick-up line”?
Om eerlik te wees, het ek nog nooit “pick-up lines” gebruik nie. Ek vind dat om meisies te komplimenteer en te laat lag
’n beter opsie is.
Wat sê ons toekomstige leiers?
1. The retiring editorial team: Well done, Gentlemen!
2. “Our legendary victory over Grey College...”
3. “A multitude of awards received by the choir.”
1.
3.
2.
Foto:VerskafFoto:ThomasMossFoto:AllenScheepers
Foto:DeneseLups
•	 Wat was jou hoogtepunt in Paul Roos?
My hoogtepunt was toe ons hierdie jaar vir Grey Bloem by
Markötter gewen het.
•	 Wie het die mooiste meisies? Bloemhof of 		
	Rhenish?
Paarl Girls’ High
•	 Wat is die belangrikste rol van ’n leerlingraadslid?
Om te lei soos wat hy gelei wil word.
•	 Wat sal jy wil verander aan Paul Roos?
Die respek teenoor onderwysers en die feit dat sekere
kinders as min-derwaardig hanteer word. Aan die ander
kant sou ek niks verander nie en net voortbou op wat ons
tans het.
Concipio se Alexander Klose in gesprek met Alex von Klopman
Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 3
Christo Langenhoven
Altesaam drie PRG-krieket-
spanne het op 23 September
vanaf Kaapstad Internasionale
Lughawe vertrek vir die skool se jaar-
likse kriekettoer na Gauteng.
Al die spanne het in hul eerste
wedstryde van die toer teen Hoër-
skool Garsfontein te staan gekom.
Die O/14A se Chris Albertyn het ’n
onoorwonne 59 lopies gemoker, maar
die O/14’s het ongelukkig met 30 lo-
pies teen Garsfontein verloor.
Rudi Claassen het 55 lopies vir die
O/15-span aangeteken, en Aiden
Meyer het in dieselfde wedstryd 4
paaltjies geneem en slegs 24 lopies
afgestaan. Garsfontein wen egter met
3 paaltjies.
PRG se eerste span het voor ’n
groot uitdaging te staan gekom nadat
Garsfontein 208 lopies in slegs 20
beurte gemoker het. Liam Fresen het
2 paaltjies in 4 boulbeurte laat waai.
PRG kon slegs 120 lopies in hul 20
boulbeurte behaal. Garsfontein wen
dus met 88 lopies.
’n Hele paar individuele spelers
het uitgeblink in die wedstryde teen
Affies, onder wie Ruan Terblanche,
wat ’n onoorwonne 102 lopies vir die
O/14A’s geslaan het. Kort op sy hakke
was Henry Brink met 72.
Affies moes 202 lopies in 35 boul-
beurte kry om te wen. Hugo Kotze en
Daneel Henn neem elk 2 paaltjies vir
12 en 41 lopies onderskeidelik. Die
wedstryd eindig gelykop.
Die O/15’s se Rudi Claassen is
wéér ’n uitblinker met die kolf en
teken ’n onoorwonne 59 lopies aan.
Donovan Zealand neem 4 paaltjies in
8 boulbeurte en staan slegs 32 lopies
af. PRG wen met 6 paaltjies.
Die eerste span moes ’n allamintige
268 lopies aanteken om teen Affies te
kan seëvier. Die uitblinkers met die
kolf was Rayno Marais en Liam Fre-
sen, wat 33 en 27 lopies onderskeide-
lik aangeteken het. PRG behaal egter
slegs 155 lopies - almal uit. Affies wen
met 112 lopies.
Op 26 September pak die Paul
Roosers St Alban’s. Die O/14’s boul
St Alban’s uit vir 98 lopies. Wicus
Robbertse neem 4 paaltjies in 7 boul-
beurte. Daneel Henn neem 3 paaltjies
in 7 boulbeurte en staan slegs 14
lopies af. Nicol Loftie-Eaton teken ’n
onoorwonne 38 lopies aan. PRG wen
met 9 paaltjies.
Die O/15’s se Wynand Wessels en
Aidan Salie neem elkeen 4 paaltjies,
en Rudi Claassen is weer eens ’n uit-
blinker met ’n onoorwonne 25. PRG
wen met 6 paaltjies.
Die eerste span se kolfwerk was
weer op standaard, en hulle teken 219
lopies aan.
Daneel Raats: 55; Paul Barnard: 38;
André Janse van Rensburg: 35.
PRG sukkel met die boulwerk. St
Alban’s wen met 8 paaltjies.
Op 27 September speel PRG teen
Pretoria Boy’s High, met tellings as
volg:
Affies-kriekettoer
O/14
Ruan Terblanche, 103 n.u.n.
Nicol Loftie-Eaton, 62 n.u.n
Henry Brink, 48
Matthew Luddit neem 5 paaltjies.
PRG wen met 43 lopies.
O/15
Verloor met 9 lopies.
Rudi Claassen: 38
O/19
161 almal uit
Paul Barnard: 39
Jouberto Greeff: 28.
Pretoria Boys High wen met 8 paaltjies.
Die toer word as ’n suksesvolle een beskou deur mnr. Merwe Genis, want daar was baie spelers wat hul hand opge-
steek het en hulself bewys het. Die uitslae is ook beter as laasjaar se toer s’n, wat ’n positiewe resultaat was vir die
afrigters. Volgens mnr. Genis sal die spanne baie verbeter, want hulle sal nou meer blootstelling kry as in vorige jare.
Foto’s: Inus Grobler
Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 4
Foto:GeorgeCarinus
Foto:GeorgeCarinusFoto:NeelsRossouw
Foto:NeelsRossouw
Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 5
PRG Dagboek
150-Prysuitdeling/ Prizegiving (15 Oktober)
We invite all parents to this prestigious function – especially as part of our 150-cel-
ebrations on the night of 15 October, 19:00, in the Centre. Daar sal onder andere ’n
verslag van hoogtepunte uit die 150-jaar wees. Gegewe die spesiale aard van vanjaar
se prysuitdeling, is dit vir alle Gr 8-, 10- en 11-leerders verpligtend. There will be
buses leaving the school on the Somerset West and Durbanville routes at 21:30. The
Head of Education in the Western Cape will also attend our function.
Knysna-kriekettoer (8-11 Oktober)
Op en oor die pawiljoen… Ses lopies vir Paul Roos Gimnasium… Die Paul Roos-krieketspan is
op pad na Knysna vir ’n krieketkragmeting vir die geskiedenisboeke. Hulle gaan onder andere teen Hoërskool Punt,
Knysna Krieketklub en George INV-span speel.
Koshuis-sokkerliga
Dis weer dié tyd van die jaar vir alle koshuisbrakke om hul sokkertalent te wys. Prima en Prima Nova se uitspeelwed-
styde sal binnekort begin en die sokkerfinaaldatum sal ook binnekort bekend gemaak word. Viva le Paul Roos Soccer!
Christo Langenhoven
As per definition, a hack is a trick
or a shortcut used to improve
one’s daily life, and this week I will
share some of my favourite hacks:
When you want to heat up large
quantities of food in your microwave,
place a coffee mug in the microwave
together with your first bowl. The
mug will be used as a “second level”,
on which you can place your second
bowl.
Here’s a hack for the camping fana-
tics: when camping, have you ever
left your “Blitz” or other fire-starting
equipment at home? No worries, use
Doritos. It is an excellent fire starter,
thanks to all the saturated fats and
additives it contains. No “Blitz”, no
problem. Light a Dorito and camp
away!
Are you a lazy student who needs
a little motivation in the form of
snacks? Place a piece of your
favourite candy on every second
paragraph in your textbook while
studying. Reward yourself every time
you reach a specific paragraph, and
make study time enjoyable!
We all have been in the awkward
situation of forgetting the name of
a person that you are speaking to or
spoke to during a party. Ask the
person, “What’s your name” and
when she (or he) replies, simply say,
“No, your last name”. And there you
have it, the person’s first and last
name!
A Hacker’s Helping Hand
Simon Brand en Jaco Marais
As dit kom by haarstyle in Paul
Roos is die eerste ding wat by ’n mens
opkom die kopskeer-tradisie van die
matrieks.
Hierdie gebruik is alombekend in
Stellenbosch: wanneer ’n jong man
sonder hare in die dorp gesien word,
kan hy dadelik as ’n Paul Roos-
Matriek uitgeken word. Vir nuwe
Graad Agts is ’n kaal kop ’n teken van
outoriteit en vir ander skole is hierdie
gebruik uiters vreemd. Dit is deel van
die unieke PRG-ervaring.
’n Mens wonder egter soms waar
hierdie tradisie vandaan kom.
Concipio het by die Argief gaan
navraag doen en op ’n hele paar inter-
essante feite afgekom.
In die sewentigerjare het ’n sekere
mnr. Sparks Esterhuysen by Paul
Roos LO gegee. Hy het die gewoonte
gehad om leerders met haarstyle wat
teen die reëls is met ’n tou by te dam
(lyfstraf was toe nog nie teen die wet
nie).
In protes teen hierdie meneer se
optrede het die leerlingraad van 1975
hul koppe heeltemal kaal geskeer.
Die gebruik om in jou Matriek-jaar
op die eerste dag bleskop aan te meld
het kort daarna by meer Paul Roos-
ers posgevat. Tans sny alle Matrieks,
sonder uitsondering, elke jaar hul
hare af ter viering van hierdie 	
tradisie.
“Onwettige”
haarstyle is
iets wat onder-
wysers teen die
mure kan opdryf soos
min ander dinge. Hierdie reëls kom
al ’n lang pad en baie leerders wonder
hoekom dit nou eintlik daar is.
Talle leerders staan elke week weens
oortreding van haarreëls quad.
Meneer Cloete vertel dat die skool
se doel met haarreëls is om “netheid
[te bevorder] wat ons skool se beeld
na buite en ons skooltrots na binne
versterk.” Juffrou Olivier het dieselfde
gesê toe sy oor die doel van haarreëls
gevra is. 	 Vervolg op bladsy 6
(Wol)haarstories
Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 6
Vervolg van bladsy 5
Ter wille van objektiwiteit is die
mening gevra van iemand wat téén
haarreëls is. Dr. Dirk Louw, senior
lektor in filosofie by die Universiteit
van Stellenbosch, meen dat almal
toegelaat moet word om hulself ten
volle uit te druk solank die manier
waarop hulle dit doen nie oneties of
onwettig is nie.
’n Mens sou kon byvoeg dat sekere
haarstyle ’n uitdrukking van ’n per-
soon se geloof of kultuur kan wees
– soos wat byvoorbeeld die geval is
met die Rasta-geloof en dreadlocks.
Dr. Louw sê dat netheid nie uit-
sluitlik van haarstyle hoef af te hang
nie. “Leerlinge sou ook aanvaarbaar
kon lyk omdat hulle almal dieselfde
netjiese skooldrag dra, al het hulle
verskillende haarstyle.” Hy voeg
ook by dat indien leerders toegelaat
word om hul eie haarstyle te kies dit
ook ’n goeie beeld van die skool sou
skep. “Dit sê naamlik dat die be-
trokke skool ’n plek is waar leerders
aangemoedig word om uitdrukking
aan hul individualiteit te gee.”
Meneer Cloete brei uit deur te se dat
haarreëls bedoel is om “[seuns] te leer
hoe om hulself aan reëls in die lewe te
onderwerp.”
Dr. Louw meen weer dat ander
skoolreëls, onder andere die gedrag
wat van leerders in die klaskamer
verwag word (soos om op te staan
as ’n volwassene inkom), genoeg is
om hierdie les aan hulle te leer en dat
haarreëls in hierdie sin dus oorbodig
is.
Elkeen gaan maar self moet besluit
aan watter kant van hierdie kwessie
hulle hulself gaan skaar.
Oor die jare heen het baie haarstyle
gekom en gegaan, en daarmee saam
baie seuns wat kanse waag daarmee.
Volgens Juffrou Olivier sukkel talle
onderwysers met die Faux-Mohawk
en die “Johnny Bravo”-haarstyl, asook
die sogenoemde English Cut. Sy
kleinboetie, die short-back-and-sides
gee al vir baie jare probleme. Die
groot gesukkel met die English Cut
is die drastiese verskil in haarlengte.
Die enigste manier om daarvan
ontslae te raak is deur feitlik al
die hare af te skeer – iets wat slegs
Matrieks mag doen.
Die berugte Dreadlocks-haarstyl
het ook al sy verskyning in Paul Roos
gemaak, tesame met talle leerders
wat al kreatief geraak het met ge-
bleikte hare en patrone wat met ’n
skeermes in die hare gemaak word.
Meneer De Villiers, graadhoof van
die graad neges, sê dat hy al te doen
gekry het met – onder meer –
die klassieke Ducktail, en manne
wat probeer om lang bakkebaarde
(sideburns) te groei.
Kom wat wil, daar sal altyd
Paul Roosers wees wat onder
mopkoppe probeer skuil of om
met die jongste gewilde kapstyl weg
te kom.
Renier Hattingh
EA Sports is weer terug met hul
jaarlikse vrystelling van die wêreld-
bekende FIFA-reeks. Natuurlik is dié
speletjie vol veranderinge, maar is dit
jou geld werd?
Een van die eerste toevoegings wat
jou oog sal vang, is die insluiting
van vrouespanne. Dis hoog tyd dat
vrouens ook iets te skop kry, al is dit
net ’n paar internasionale spanne.
Die grootste verbetering wat die
eintlike spel betref maak die vorige
jaar se veranderinge reg. FIFA 15
het die aanvallende spel aansienlik
verbeter, soveel dat dit ’n reuse frus-
trasie geword het om jou opponent te
probeer keer. FIFA 16 het die fokus
geskuif na verdediging – jou agter-
spelers is slimmer as ooit.
Jou agterste manne (of selfs vrouens
nou) sal hulle vorm behou wanneer
hulle onder druk is en duikslae is
meer dinamies en realisties. Verwag
kleiner tellings, want ’n doel het so
pas baie meer moeite geword.
Die nuwe "Draft Mode" is ’n artikel
van sy eie, gaan probeer dit definitief.
Nog ’n probleem wat opgelos is,
is die sukkelende onderskeppings.
Weg is die dae waar die bal verby jou
speler rol en hy net staan en kyk. Die
nuwe R1/RB + X/A kombinasie sit ’n
bietjie ekstra krag by wanneer jy ’n
aangee uitvoer en is baie nuttig wan-
neer jy die bal vinnig en ver wil stuur.
Die vaardigheidspeletjies voel meer
eenvoudig hierdie jaar, wat meer van
’n slegte ding is. Dis ook moeiliker
om ander spelers op die veld te vind
omdat die aangee-hulp swakker is.
Aan die einde van die wedstryd bly
die nuutste FIFA-speletjie steeds die
toppunt van veelspeler met vriende.
Die hele speletjie voel vars en die
vorm van aanbieding is mooi, skoon,
vinnig en effektief. Nes ons ouens van
hulle hou.
FIFA 16 het nog altyd sy foute, maar
is ’n skoppie in die regte rigting.
R799 op takealot.com op PS4.
Vermaaksake: FIFA 16
Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 7
Charl Smit
Societas’ popularity among the com-
munity of Stellenbosch is growing
rapidly. They contribute to society on
various levels, from the “Proefplaas-
groentetuin” to the Ladysmith Shoe-
box Project.
The Societas Committee would like
to thank each and every pupil from
Paul Roos for his help during this
term.
The Stellenbosch River
Council informed us that they are
very impressed by the school’s
contribution to the environment.
Societas members are over-achievers
because of Paul Roos’ amazing act of
giving. Paul Roos donated far more
shoeboxes (for the less fortunate chil-
dren in Ladysmith) than the expected
amount. This is amazing and both So-
cietas and the children are extremely
grateful!
Societas’ over-achieving members
Save the following dates for Societas:
•	 13/10/15	 Homework Club	 15:00 – 16:00
•	 14/10/15	 River Cleaning	 	 14:30 – 15:30
•	 15/10/15	 Vegetable Garden 	 14:30 – 15:30
If Paul Roos keeps up their good work in society, who knows where it will end? Every drop in the sea is valuable;
eventually it will have a ripple effect. This statement can be applied to Societas’ great deeds.
The art is not doing, the art is sustaining.
Rayno Bomerus
Nie almal van ons wil saam met ons ouers op vakansie gaan en museums en dieretuine besoek nie, maar wat doen
ons dan anders? Hier is drie aktiwiteite/bestemmings om hierdie vakansie te probeer as jy by die huis bly:
Kampplek
Beaverlac is ’n kampplek geleë in
die Cederberge. Dit is in die Fynbos-
gebied en daar is wilde diere soos
klipspringers en arende. Daar is ’n
lekker kampterrein asook huisies om
in te bly. Die rivier het die rotse so
gevorm dat dit ’n groot avontuur is
om van al die rotse af te spring en ’n
ander aktiwiteit is om die grotte te
besoek.
Jump Around
Dit is ’n arena vol trampoliens. Daar
is vier seksies: die sokkerafdeling,
die dodgeball-afdeling, die toertjies-
afdeling en die seksie waar ’n klomp
trampoliens saamgevoeg is (selfs teen
die mure). Maar wees gewaarsku, dit
is ’n populêre bestemming vir klein
kinders ook; gaan dus op ’n tydslot
wanneer daar nie kinders gaan wees
nie, en die arena is joune!
Seeplek
Witsand is ’n Blouvlag-strand
waarvan almal nie weet nie, maar
wat ’n perfekte bestemming is as jy
grrag net wil wegkom van alles. Die
strand is vier kilometer lank en die
verskeidenheid aktiwiteite sluit snor-
kel, swem, kitesurf en ook soek-vir-
walvisse in. Dit is ’n baie mooi strand
by die plek waar die Breede-rivier in
die see in uitmond.
Top drie vakansieplanne
Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 8

More Related Content

Featured

PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024Neil Kimberley
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)contently
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024Albert Qian
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsKurio // The Social Media Age(ncy)
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Search Engine Journal
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summarySpeakerHub
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Tessa Mero
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentLily Ray
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best PracticesVit Horky
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementMindGenius
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...RachelPearson36
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Applitools
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at WorkGetSmarter
 
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...DevGAMM Conference
 

Featured (20)

Skeleton Culture Code
Skeleton Culture CodeSkeleton Culture Code
Skeleton Culture Code
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work
 
ChatGPT webinar slides
ChatGPT webinar slidesChatGPT webinar slides
ChatGPT webinar slides
 
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike RoutesMore than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
 
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
 

Concipio 271

  • 1. Redakteur: Johan Schoeman, Renier Hattingh (Adjunk) Ontwerp en uitleg: Justin Reinecke (Hoof), Philip Ellis Nuus: Alexander Klose, Christo Langenhoven, Renier Hattingh, Simon Brand, Jaco Marais, Christoff Loubser, Charl Smit, Rayno Blomerus Stuurdingetjies: Luke White(Hoof), CP Kock Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht concipioredaksie@gmail.com | Instagram: @Paul_Roos_Gimnasium | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: fb.com/PaulRoos_Gymnasium Uitgawe/Issue 271 Jaargang XIII 2 October 2015 Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za. ConcipioConcipio270 Editions Wanna see me comb my hair really fast? p.5&6 Murray het die atletiekbeker gewen met 671 punte. Hofmeyr was kort op hulle hakke met 630 punte. Derde was Neethling met 610 punte en vierde Braid met 547 punte. Die volgende atlete het rekords verbeter: Atletiek: Interhuis 22 September 2015 Naam & Van Max Jay Jared Swanepoel Heinrich Sullwald Philip van Dyk Martin Louw Breyton Poole David-Lee Moses Victor Bakker Ouderdom 17 19 19 17 19 16 19 15 Item Spiesgooi Diskus Hamergooi Gewigstoot Gewigstoot Hoogspring 400m Hekkies 3000m Nuwe Rekord 51,03 42,00 51,71 14,59 12,34 1,85 62:70 11:00:00 Baie geluk aan Neethling wat soos gewoonlik die geesbeker vir die dag ontvang het. Foto:IlanMeintjies
  • 2. Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 2 The past term has been a rough one, yet here we are, safe and sound on the other side – relatively safe and sound for the most part. The third term has severely taken its toll, to put it lightly. There are also many positives that can be taken from the past eleven weeks. Our legendary victory over Grey College certainly comes to mind. Other achievements include the multitude of awards our choir has received and the three Paul Roosers included in the SA schools team. The third term is also the term in which we welcome the new and say farewell to the old. We suddenly have a new Student Council, a new RCL and, closer to home, a new editorial team. In all these new things, I see poten- tial. Potential for greatness. A great- ness we have become accustomed to at the Roos. Let's keep the momen- tum of our 150th year rolling into the fourth term, daunting as the term planner may seem. But for now – hide your report from the prying eyes of your elders, take up your rightful position on the couch and enjoy your holiday. You deserve it. Yours Truly Johan Schoeman Editor-in-Chief Van Agter die Skoolbank • Watter raad het jy vir die leerders wat daarna streef om gekies te word vir die leerlingraad? Deur die verloop van hul skoolloopbaan hulself te bly, by hul waardes hou en nooit skynheilig te wees nie. Hulle moet veral nie die weke voor die verkiesing anders optree in die klasse nie. • Wat is jou gunsteling “pick-up line”? Om eerlik te wees, het ek nog nooit “pick-up lines” gebruik nie. Ek vind dat om meisies te komplimenteer en te laat lag ’n beter opsie is. Wat sê ons toekomstige leiers? 1. The retiring editorial team: Well done, Gentlemen! 2. “Our legendary victory over Grey College...” 3. “A multitude of awards received by the choir.” 1. 3. 2. Foto:VerskafFoto:ThomasMossFoto:AllenScheepers Foto:DeneseLups • Wat was jou hoogtepunt in Paul Roos? My hoogtepunt was toe ons hierdie jaar vir Grey Bloem by Markötter gewen het. • Wie het die mooiste meisies? Bloemhof of Rhenish? Paarl Girls’ High • Wat is die belangrikste rol van ’n leerlingraadslid? Om te lei soos wat hy gelei wil word. • Wat sal jy wil verander aan Paul Roos? Die respek teenoor onderwysers en die feit dat sekere kinders as min-derwaardig hanteer word. Aan die ander kant sou ek niks verander nie en net voortbou op wat ons tans het. Concipio se Alexander Klose in gesprek met Alex von Klopman
  • 3. Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 3 Christo Langenhoven Altesaam drie PRG-krieket- spanne het op 23 September vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe vertrek vir die skool se jaar- likse kriekettoer na Gauteng. Al die spanne het in hul eerste wedstryde van die toer teen Hoër- skool Garsfontein te staan gekom. Die O/14A se Chris Albertyn het ’n onoorwonne 59 lopies gemoker, maar die O/14’s het ongelukkig met 30 lo- pies teen Garsfontein verloor. Rudi Claassen het 55 lopies vir die O/15-span aangeteken, en Aiden Meyer het in dieselfde wedstryd 4 paaltjies geneem en slegs 24 lopies afgestaan. Garsfontein wen egter met 3 paaltjies. PRG se eerste span het voor ’n groot uitdaging te staan gekom nadat Garsfontein 208 lopies in slegs 20 beurte gemoker het. Liam Fresen het 2 paaltjies in 4 boulbeurte laat waai. PRG kon slegs 120 lopies in hul 20 boulbeurte behaal. Garsfontein wen dus met 88 lopies. ’n Hele paar individuele spelers het uitgeblink in die wedstryde teen Affies, onder wie Ruan Terblanche, wat ’n onoorwonne 102 lopies vir die O/14A’s geslaan het. Kort op sy hakke was Henry Brink met 72. Affies moes 202 lopies in 35 boul- beurte kry om te wen. Hugo Kotze en Daneel Henn neem elk 2 paaltjies vir 12 en 41 lopies onderskeidelik. Die wedstryd eindig gelykop. Die O/15’s se Rudi Claassen is wéér ’n uitblinker met die kolf en teken ’n onoorwonne 59 lopies aan. Donovan Zealand neem 4 paaltjies in 8 boulbeurte en staan slegs 32 lopies af. PRG wen met 6 paaltjies. Die eerste span moes ’n allamintige 268 lopies aanteken om teen Affies te kan seëvier. Die uitblinkers met die kolf was Rayno Marais en Liam Fre- sen, wat 33 en 27 lopies onderskeide- lik aangeteken het. PRG behaal egter slegs 155 lopies - almal uit. Affies wen met 112 lopies. Op 26 September pak die Paul Roosers St Alban’s. Die O/14’s boul St Alban’s uit vir 98 lopies. Wicus Robbertse neem 4 paaltjies in 7 boul- beurte. Daneel Henn neem 3 paaltjies in 7 boulbeurte en staan slegs 14 lopies af. Nicol Loftie-Eaton teken ’n onoorwonne 38 lopies aan. PRG wen met 9 paaltjies. Die O/15’s se Wynand Wessels en Aidan Salie neem elkeen 4 paaltjies, en Rudi Claassen is weer eens ’n uit- blinker met ’n onoorwonne 25. PRG wen met 6 paaltjies. Die eerste span se kolfwerk was weer op standaard, en hulle teken 219 lopies aan. Daneel Raats: 55; Paul Barnard: 38; André Janse van Rensburg: 35. PRG sukkel met die boulwerk. St Alban’s wen met 8 paaltjies. Op 27 September speel PRG teen Pretoria Boy’s High, met tellings as volg: Affies-kriekettoer O/14 Ruan Terblanche, 103 n.u.n. Nicol Loftie-Eaton, 62 n.u.n Henry Brink, 48 Matthew Luddit neem 5 paaltjies. PRG wen met 43 lopies. O/15 Verloor met 9 lopies. Rudi Claassen: 38 O/19 161 almal uit Paul Barnard: 39 Jouberto Greeff: 28. Pretoria Boys High wen met 8 paaltjies. Die toer word as ’n suksesvolle een beskou deur mnr. Merwe Genis, want daar was baie spelers wat hul hand opge- steek het en hulself bewys het. Die uitslae is ook beter as laasjaar se toer s’n, wat ’n positiewe resultaat was vir die afrigters. Volgens mnr. Genis sal die spanne baie verbeter, want hulle sal nou meer blootstelling kry as in vorige jare. Foto’s: Inus Grobler
  • 4. Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 4 Foto:GeorgeCarinus Foto:GeorgeCarinusFoto:NeelsRossouw Foto:NeelsRossouw
  • 5. Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 5 PRG Dagboek 150-Prysuitdeling/ Prizegiving (15 Oktober) We invite all parents to this prestigious function – especially as part of our 150-cel- ebrations on the night of 15 October, 19:00, in the Centre. Daar sal onder andere ’n verslag van hoogtepunte uit die 150-jaar wees. Gegewe die spesiale aard van vanjaar se prysuitdeling, is dit vir alle Gr 8-, 10- en 11-leerders verpligtend. There will be buses leaving the school on the Somerset West and Durbanville routes at 21:30. The Head of Education in the Western Cape will also attend our function. Knysna-kriekettoer (8-11 Oktober) Op en oor die pawiljoen… Ses lopies vir Paul Roos Gimnasium… Die Paul Roos-krieketspan is op pad na Knysna vir ’n krieketkragmeting vir die geskiedenisboeke. Hulle gaan onder andere teen Hoërskool Punt, Knysna Krieketklub en George INV-span speel. Koshuis-sokkerliga Dis weer dié tyd van die jaar vir alle koshuisbrakke om hul sokkertalent te wys. Prima en Prima Nova se uitspeelwed- styde sal binnekort begin en die sokkerfinaaldatum sal ook binnekort bekend gemaak word. Viva le Paul Roos Soccer! Christo Langenhoven As per definition, a hack is a trick or a shortcut used to improve one’s daily life, and this week I will share some of my favourite hacks: When you want to heat up large quantities of food in your microwave, place a coffee mug in the microwave together with your first bowl. The mug will be used as a “second level”, on which you can place your second bowl. Here’s a hack for the camping fana- tics: when camping, have you ever left your “Blitz” or other fire-starting equipment at home? No worries, use Doritos. It is an excellent fire starter, thanks to all the saturated fats and additives it contains. No “Blitz”, no problem. Light a Dorito and camp away! Are you a lazy student who needs a little motivation in the form of snacks? Place a piece of your favourite candy on every second paragraph in your textbook while studying. Reward yourself every time you reach a specific paragraph, and make study time enjoyable! We all have been in the awkward situation of forgetting the name of a person that you are speaking to or spoke to during a party. Ask the person, “What’s your name” and when she (or he) replies, simply say, “No, your last name”. And there you have it, the person’s first and last name! A Hacker’s Helping Hand Simon Brand en Jaco Marais As dit kom by haarstyle in Paul Roos is die eerste ding wat by ’n mens opkom die kopskeer-tradisie van die matrieks. Hierdie gebruik is alombekend in Stellenbosch: wanneer ’n jong man sonder hare in die dorp gesien word, kan hy dadelik as ’n Paul Roos- Matriek uitgeken word. Vir nuwe Graad Agts is ’n kaal kop ’n teken van outoriteit en vir ander skole is hierdie gebruik uiters vreemd. Dit is deel van die unieke PRG-ervaring. ’n Mens wonder egter soms waar hierdie tradisie vandaan kom. Concipio het by die Argief gaan navraag doen en op ’n hele paar inter- essante feite afgekom. In die sewentigerjare het ’n sekere mnr. Sparks Esterhuysen by Paul Roos LO gegee. Hy het die gewoonte gehad om leerders met haarstyle wat teen die reëls is met ’n tou by te dam (lyfstraf was toe nog nie teen die wet nie). In protes teen hierdie meneer se optrede het die leerlingraad van 1975 hul koppe heeltemal kaal geskeer. Die gebruik om in jou Matriek-jaar op die eerste dag bleskop aan te meld het kort daarna by meer Paul Roos- ers posgevat. Tans sny alle Matrieks, sonder uitsondering, elke jaar hul hare af ter viering van hierdie tradisie. “Onwettige” haarstyle is iets wat onder- wysers teen die mure kan opdryf soos min ander dinge. Hierdie reëls kom al ’n lang pad en baie leerders wonder hoekom dit nou eintlik daar is. Talle leerders staan elke week weens oortreding van haarreëls quad. Meneer Cloete vertel dat die skool se doel met haarreëls is om “netheid [te bevorder] wat ons skool se beeld na buite en ons skooltrots na binne versterk.” Juffrou Olivier het dieselfde gesê toe sy oor die doel van haarreëls gevra is. Vervolg op bladsy 6 (Wol)haarstories
  • 6. Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 6 Vervolg van bladsy 5 Ter wille van objektiwiteit is die mening gevra van iemand wat téén haarreëls is. Dr. Dirk Louw, senior lektor in filosofie by die Universiteit van Stellenbosch, meen dat almal toegelaat moet word om hulself ten volle uit te druk solank die manier waarop hulle dit doen nie oneties of onwettig is nie. ’n Mens sou kon byvoeg dat sekere haarstyle ’n uitdrukking van ’n per- soon se geloof of kultuur kan wees – soos wat byvoorbeeld die geval is met die Rasta-geloof en dreadlocks. Dr. Louw sê dat netheid nie uit- sluitlik van haarstyle hoef af te hang nie. “Leerlinge sou ook aanvaarbaar kon lyk omdat hulle almal dieselfde netjiese skooldrag dra, al het hulle verskillende haarstyle.” Hy voeg ook by dat indien leerders toegelaat word om hul eie haarstyle te kies dit ook ’n goeie beeld van die skool sou skep. “Dit sê naamlik dat die be- trokke skool ’n plek is waar leerders aangemoedig word om uitdrukking aan hul individualiteit te gee.” Meneer Cloete brei uit deur te se dat haarreëls bedoel is om “[seuns] te leer hoe om hulself aan reëls in die lewe te onderwerp.” Dr. Louw meen weer dat ander skoolreëls, onder andere die gedrag wat van leerders in die klaskamer verwag word (soos om op te staan as ’n volwassene inkom), genoeg is om hierdie les aan hulle te leer en dat haarreëls in hierdie sin dus oorbodig is. Elkeen gaan maar self moet besluit aan watter kant van hierdie kwessie hulle hulself gaan skaar. Oor die jare heen het baie haarstyle gekom en gegaan, en daarmee saam baie seuns wat kanse waag daarmee. Volgens Juffrou Olivier sukkel talle onderwysers met die Faux-Mohawk en die “Johnny Bravo”-haarstyl, asook die sogenoemde English Cut. Sy kleinboetie, die short-back-and-sides gee al vir baie jare probleme. Die groot gesukkel met die English Cut is die drastiese verskil in haarlengte. Die enigste manier om daarvan ontslae te raak is deur feitlik al die hare af te skeer – iets wat slegs Matrieks mag doen. Die berugte Dreadlocks-haarstyl het ook al sy verskyning in Paul Roos gemaak, tesame met talle leerders wat al kreatief geraak het met ge- bleikte hare en patrone wat met ’n skeermes in die hare gemaak word. Meneer De Villiers, graadhoof van die graad neges, sê dat hy al te doen gekry het met – onder meer – die klassieke Ducktail, en manne wat probeer om lang bakkebaarde (sideburns) te groei. Kom wat wil, daar sal altyd Paul Roosers wees wat onder mopkoppe probeer skuil of om met die jongste gewilde kapstyl weg te kom. Renier Hattingh EA Sports is weer terug met hul jaarlikse vrystelling van die wêreld- bekende FIFA-reeks. Natuurlik is dié speletjie vol veranderinge, maar is dit jou geld werd? Een van die eerste toevoegings wat jou oog sal vang, is die insluiting van vrouespanne. Dis hoog tyd dat vrouens ook iets te skop kry, al is dit net ’n paar internasionale spanne. Die grootste verbetering wat die eintlike spel betref maak die vorige jaar se veranderinge reg. FIFA 15 het die aanvallende spel aansienlik verbeter, soveel dat dit ’n reuse frus- trasie geword het om jou opponent te probeer keer. FIFA 16 het die fokus geskuif na verdediging – jou agter- spelers is slimmer as ooit. Jou agterste manne (of selfs vrouens nou) sal hulle vorm behou wanneer hulle onder druk is en duikslae is meer dinamies en realisties. Verwag kleiner tellings, want ’n doel het so pas baie meer moeite geword. Die nuwe "Draft Mode" is ’n artikel van sy eie, gaan probeer dit definitief. Nog ’n probleem wat opgelos is, is die sukkelende onderskeppings. Weg is die dae waar die bal verby jou speler rol en hy net staan en kyk. Die nuwe R1/RB + X/A kombinasie sit ’n bietjie ekstra krag by wanneer jy ’n aangee uitvoer en is baie nuttig wan- neer jy die bal vinnig en ver wil stuur. Die vaardigheidspeletjies voel meer eenvoudig hierdie jaar, wat meer van ’n slegte ding is. Dis ook moeiliker om ander spelers op die veld te vind omdat die aangee-hulp swakker is. Aan die einde van die wedstryd bly die nuutste FIFA-speletjie steeds die toppunt van veelspeler met vriende. Die hele speletjie voel vars en die vorm van aanbieding is mooi, skoon, vinnig en effektief. Nes ons ouens van hulle hou. FIFA 16 het nog altyd sy foute, maar is ’n skoppie in die regte rigting. R799 op takealot.com op PS4. Vermaaksake: FIFA 16
  • 7. Uitgawe/Issue 271 Concipio Page 7 Charl Smit Societas’ popularity among the com- munity of Stellenbosch is growing rapidly. They contribute to society on various levels, from the “Proefplaas- groentetuin” to the Ladysmith Shoe- box Project. The Societas Committee would like to thank each and every pupil from Paul Roos for his help during this term. The Stellenbosch River Council informed us that they are very impressed by the school’s contribution to the environment. Societas members are over-achievers because of Paul Roos’ amazing act of giving. Paul Roos donated far more shoeboxes (for the less fortunate chil- dren in Ladysmith) than the expected amount. This is amazing and both So- cietas and the children are extremely grateful! Societas’ over-achieving members Save the following dates for Societas: • 13/10/15 Homework Club 15:00 – 16:00 • 14/10/15 River Cleaning 14:30 – 15:30 • 15/10/15 Vegetable Garden 14:30 – 15:30 If Paul Roos keeps up their good work in society, who knows where it will end? Every drop in the sea is valuable; eventually it will have a ripple effect. This statement can be applied to Societas’ great deeds. The art is not doing, the art is sustaining. Rayno Bomerus Nie almal van ons wil saam met ons ouers op vakansie gaan en museums en dieretuine besoek nie, maar wat doen ons dan anders? Hier is drie aktiwiteite/bestemmings om hierdie vakansie te probeer as jy by die huis bly: Kampplek Beaverlac is ’n kampplek geleë in die Cederberge. Dit is in die Fynbos- gebied en daar is wilde diere soos klipspringers en arende. Daar is ’n lekker kampterrein asook huisies om in te bly. Die rivier het die rotse so gevorm dat dit ’n groot avontuur is om van al die rotse af te spring en ’n ander aktiwiteit is om die grotte te besoek. Jump Around Dit is ’n arena vol trampoliens. Daar is vier seksies: die sokkerafdeling, die dodgeball-afdeling, die toertjies- afdeling en die seksie waar ’n klomp trampoliens saamgevoeg is (selfs teen die mure). Maar wees gewaarsku, dit is ’n populêre bestemming vir klein kinders ook; gaan dus op ’n tydslot wanneer daar nie kinders gaan wees nie, en die arena is joune! Seeplek Witsand is ’n Blouvlag-strand waarvan almal nie weet nie, maar wat ’n perfekte bestemming is as jy grrag net wil wegkom van alles. Die strand is vier kilometer lank en die verskeidenheid aktiwiteite sluit snor- kel, swem, kitesurf en ook soek-vir- walvisse in. Dit is ’n baie mooi strand by die plek waar die Breede-rivier in die see in uitmond. Top drie vakansieplanne