SlideShare uma empresa Scribd logo
1 de 12
Baixar para ler offline
Verloor gewig
vinnig en
maklik
Die Vyf
Komponente vir
Suksesvolle Dieet
‘n Publikasie van
Jonk.co.za
Daaglikse oefening
Daaglikse oefening
As jy deur harde intense oefening gaan kan jy tussen 500 en 1000
kalorieë verbrand in ‘n uur. Die getal kalorieë wat jy verbrand hang af van
verskillende faktore soos jou liggaamsgewig, die tipe oefening wat jy
doen en die intensiteit van daardie oefening. Ten spyte van hierdie
faktore weet ons almal dat hoe langer jy oefen hoe meer kalorieë sal jy
verbrand. Dit is voor die hand liggend en selfs baie ligte oefening is beter
as geen oefening.
Selfs al vat jy net ‘n daaglikse stappie van ‘n halfuur kan dit wondere vir
jou verrig. Waar baie mense die fout maak is hulle probeer te vinnig te
hard oefen en verloor dan maklik moed na die eerste week. Begin stadig
en probeer klein bietjies daaglikse vordering in jou oefen program maak.
Vordering bou selfvertroue selfs al is dit minimaal.
Verminder kalorie inname
Verminder jou
kalorie inname
Deur oor die langtermyn minder te eet SAL jy gewig verloor. Meeste
mense het nie tyd om ‘n uur per dag te oefen nie. Daar is so baie dinge
wat kompeteer vir ons tyd en aandag. Die maklikste manier om dan
gewig te verloor is deur net minder te eet. Klink so maklik op papier maar
weereens is die fout wat mense maak om op n crash dieet te gaan wat
nie volhoubaar is nie.
Begin deur net jou slegte nie-proteïene soos witbrood,
aartappelskyfies, witrys, pannekoek en gebakte poedings uit te sny. Dit is
al massiewe vordering as jy dit kan regkry.
Eet vroeër
Eet vroeër
Een van die ongesondste goed vir jou gewig wat jy kan doen is om te laat
te eet. Dit is nie ‘n goeie idee om kliphard deur die dag te werk en dan ‘n
groot ete te eet voor jy bed toe gaan nie. Hierdie laataand kalorieë word
dan gestoor as vet wat die liggaam later as brandstof wil gebruik. Dikwels
kom daardie later dan nooit nie want ons eet net weer die volgende dag.
Eet jou laaste ete drie tot vier ure voor jy gaan slaap.
Vorder stadig en bou aan
goeie volhoubare
gewoontes
Vorder stadig en bou aan
goeie volhoubare gewoontes
Ons is te ongeduldig. Ons koop oefenprogramme soos “Insanity” wat mal
baie van ons vereis die eerste week en dan gee ons op. Die eerste week
is die oefenprogram lekker want dit is nuut en ‘n vars ondervinding maar
dan verloor ons vinnig moed. Wat ek altyd aanbeveel is om ‘n goeie
dieetplan te kry saam met ‘n oefenprogram waarop jy oor die tydperk van
‘n jaar kan bou. Jy kan vir jouself hoë doelwitte stel maar dit is belangrik
om dan ‘n langtermyn uitkyk daarop te he en dit in kleiner doelwitte op te
breek.
Maak klein verbeteringe oor ‘n lang tydperk. Nie net gaan jy uitstekende
volhoubare resultate sien nie maar dit gaan wondere vir jou selfbeeld
doen as jy jou langtermyn doelwitte bereik. Baie van ons se grootste
probleem is ons is goed daarmee om dinge te begin maar nie om vol te
hou en klaar te maak nie. Die grootste suksesse wat ek al behaal het was
deur hierdie metode van stadige volhoubare groei.
Selfbeeld
Selfbeeld
As jy kan verander hoe jy jouself sien sal jou lewe verander. ‘n Wenk wat
ek vir jou kan gee is om ‘n klomp van die Here se beloftes en opbouende
maniere waarop Hy jou sien uit sy Woord uit neer te skryf en dit elke dag
tien minute te oordink voor jou werk begin.
Probeer dit vir ‘n jaar en kyk watse effek dit het! Hierdie is die
belangrikste wenk want hoe jy jouself sien maak dat die ander vier
komponente maklik in plek val. Maak seker jou selfbeeld is goed. As jy dit
kan reg kry SAL jy suksesvol wees. As jy nog sukkel met jou deurbraak lê
jou probleem gewoonlik hier.
Jonk: Gelukkig en gesond
Hierdie is oorspronklik ‘n artikel van www.jonk.co.za. Gaan kyk gerus op
ons webblad vir nog wenke oor dieet en oefening.

Mais conteúdo relacionado

Komponente van dieet

  • 1. Verloor gewig vinnig en maklik Die Vyf Komponente vir Suksesvolle Dieet ‘n Publikasie van Jonk.co.za
  • 3. Daaglikse oefening As jy deur harde intense oefening gaan kan jy tussen 500 en 1000 kalorieë verbrand in ‘n uur. Die getal kalorieë wat jy verbrand hang af van verskillende faktore soos jou liggaamsgewig, die tipe oefening wat jy doen en die intensiteit van daardie oefening. Ten spyte van hierdie faktore weet ons almal dat hoe langer jy oefen hoe meer kalorieë sal jy verbrand. Dit is voor die hand liggend en selfs baie ligte oefening is beter as geen oefening. Selfs al vat jy net ‘n daaglikse stappie van ‘n halfuur kan dit wondere vir jou verrig. Waar baie mense die fout maak is hulle probeer te vinnig te hard oefen en verloor dan maklik moed na die eerste week. Begin stadig en probeer klein bietjies daaglikse vordering in jou oefen program maak. Vordering bou selfvertroue selfs al is dit minimaal.
  • 5. Verminder jou kalorie inname Deur oor die langtermyn minder te eet SAL jy gewig verloor. Meeste mense het nie tyd om ‘n uur per dag te oefen nie. Daar is so baie dinge wat kompeteer vir ons tyd en aandag. Die maklikste manier om dan gewig te verloor is deur net minder te eet. Klink so maklik op papier maar weereens is die fout wat mense maak om op n crash dieet te gaan wat nie volhoubaar is nie. Begin deur net jou slegte nie-proteïene soos witbrood, aartappelskyfies, witrys, pannekoek en gebakte poedings uit te sny. Dit is al massiewe vordering as jy dit kan regkry.
  • 7. Eet vroeër Een van die ongesondste goed vir jou gewig wat jy kan doen is om te laat te eet. Dit is nie ‘n goeie idee om kliphard deur die dag te werk en dan ‘n groot ete te eet voor jy bed toe gaan nie. Hierdie laataand kalorieë word dan gestoor as vet wat die liggaam later as brandstof wil gebruik. Dikwels kom daardie later dan nooit nie want ons eet net weer die volgende dag. Eet jou laaste ete drie tot vier ure voor jy gaan slaap.
  • 8. Vorder stadig en bou aan goeie volhoubare gewoontes
  • 9. Vorder stadig en bou aan goeie volhoubare gewoontes Ons is te ongeduldig. Ons koop oefenprogramme soos “Insanity” wat mal baie van ons vereis die eerste week en dan gee ons op. Die eerste week is die oefenprogram lekker want dit is nuut en ‘n vars ondervinding maar dan verloor ons vinnig moed. Wat ek altyd aanbeveel is om ‘n goeie dieetplan te kry saam met ‘n oefenprogram waarop jy oor die tydperk van ‘n jaar kan bou. Jy kan vir jouself hoë doelwitte stel maar dit is belangrik om dan ‘n langtermyn uitkyk daarop te he en dit in kleiner doelwitte op te breek. Maak klein verbeteringe oor ‘n lang tydperk. Nie net gaan jy uitstekende volhoubare resultate sien nie maar dit gaan wondere vir jou selfbeeld doen as jy jou langtermyn doelwitte bereik. Baie van ons se grootste probleem is ons is goed daarmee om dinge te begin maar nie om vol te hou en klaar te maak nie. Die grootste suksesse wat ek al behaal het was deur hierdie metode van stadige volhoubare groei.
  • 11. Selfbeeld As jy kan verander hoe jy jouself sien sal jou lewe verander. ‘n Wenk wat ek vir jou kan gee is om ‘n klomp van die Here se beloftes en opbouende maniere waarop Hy jou sien uit sy Woord uit neer te skryf en dit elke dag tien minute te oordink voor jou werk begin. Probeer dit vir ‘n jaar en kyk watse effek dit het! Hierdie is die belangrikste wenk want hoe jy jouself sien maak dat die ander vier komponente maklik in plek val. Maak seker jou selfbeeld is goed. As jy dit kan reg kry SAL jy suksesvol wees. As jy nog sukkel met jou deurbraak lê jou probleem gewoonlik hier.
  • 12. Jonk: Gelukkig en gesond Hierdie is oorspronklik ‘n artikel van www.jonk.co.za. Gaan kyk gerus op ons webblad vir nog wenke oor dieet en oefening.