2. GOD DIE VADER
Ek glo in God die Vader, die
Almagtige, die Skepper van die
hemel en die aarde.
3. GOD DIE SEUN
Ek glo in Jesus Christus, God se eniggebore Seun, ons
Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die
maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf
het en begrawe is en neergedaal het na die hel;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood;
opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van
God, die almagtige Vader,
waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die
dooies te oordeel.
4. GOD DIE HEILIGE GEES
Ek glo in die Heilige Gees wat
ons oortuig van sonde, wat
mense wederbaar en vervul!
5. GOD SE KINDERS
Ek glo aan 'n heilige, algemene,
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
6. VERGEWING EN WARE LEWE
Ek glo aan die vergewing van
sondes;
Ek glo aan die opstanding van
die liggaam
en ek glo aan 'n ewige lewe.
7. ROEPING
Ek is geroep om 'n dissipel te wees
Ek is geroep om dissipels te maak
Ek is geroep om Hemel op Aarde te
verseker
Ek is geroep om al hierdie dinge in
onvoorwaardelike liefde te doen
8. VERHEERLIKING
Jesus Christus is Koning! Jesus
Christus is Koning!
Laat Sy wil geskiet, Sy Koninkryk
kom, Sy wil, deur my aan ander
bekend gemaak word.
Alle eer en mag en heelikheid
behoort aan die Koning van alle
konings
Ek behoort aan Hom en Hy aan my
9. VERKLARING
En ek sal die boodskap van die
lewende God met trots aan almal
rondom my verkondig.
Ek verklaar dit met trots in die
wonderlike naam van Jesus, my
Verlosser.
AMEN.
10. EFESIËRS 4:17-24
17 In die Naam van die Here doen ek 'n ernstige
beroep op julle: Moenie langer soos heidene
lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks,
18 hulle verstand is verduister, en hulle het geen
deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat
hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard.
19 Hulle het heeltemal afgestomp geraak en
hulle met 'n onversadigbare drang aan
losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te
doen.
11. EFESIËRS 4:17-24
20 Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het
nie.
21 Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle
sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die
waarheid wat in Jesus is.
22 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër
gelewe het; breek met die ou, sondige mens
in julle wat deur sondige begeertes verteer
word.
12. EFESIËRS 4:17-24
23 Julle gees en gedagtes moet nuut word;
24 lewe as nuwe mense wat as die beeld
van God geskep is: lewe volkome
volgens die wil van God en wees heilig.
13. Die bekende in die lewe is dikwels die gevaarlike.
Kom ons neem die huwelik as voorbeeld:
ek kan so gewoond raak aan my huwelik, dit kan
so normaal, bekend, outomaties word, elke dag
dieselfde word dat, voor ek dit werklik raaksien,
ek eintlik nie meer 'n huwelik het nie.
Met ander woorde: die bekende het die
gevaarlike geword.
14. Dieselfde geld vir die geloof.
So maklik word 'n mens se geloofsbelewing, 'n mens se
geloofsuitlewing, iets baie maklik, baie eenvoudig, stereotiep, iets
bekends, bestaande uit (kom ons sê maar)
kerkbesoek,
Bybellees,
gebed,
en die eerlike poging om my daagliks tot die Here te bekeer.
En voor ek sien kom ek skielik agter dat, al is ek hoe godsdienstig,
hoe eerlik godsdienstig, al het ek die godsdiens as besitting,
ek het lankal nie meer 'n werklike, persoonlike verhouding met
God nie.
15. Almal van ons ken die woord bekering.
Die meeste van ons, en ek is daarvan vas
oortuig, maak erns met die woord.
Erns in dié opsig dat die meeste van ons onsself
daagliks tot die Here bekeer of dan ten minste
probeer bekeer.
Ons is tog kinders van God.
16. WAT BETEKEN BEKERING WERKLIK?
WAT VERSTAAN ONS ONDER DIE WOORD BEKERING?
WAT BETEKEN DIT OM JOU DAAGLIKS WERKLIK TOT DIE
HERE TE BEKEER?
IS DIT 'N OMMEKEER (SOOS DIE BYBEL DIKWELS DIE
GRIEKSE WOORD WAT VIR BEKERING GEBRUIK WORD, TE
WETE METANOIA BEDOEL)
OF BETEKEN DIT EK MOET VERANDER? AS EFESIËRS 4:22
SÊ DAT DIT BETEKEN OM MET DIE`OU MENS TE BREEK',
WAT BETEKEN DIT PRESIES?
17. Bekering, meen sommiges, is om tot inkeer te kom.
Om weer jouself te word.
Diegene wat so dink, redeneer min of meer soos volg: ons leef elke dag in 'n
koorsagtige drukte, ons word as`t ware deur die lewe op sleeptou geneem.
So baie dinge word vir ons gereël.
As dit nie ons beroepe is nie, is dit ons huislike verantwoordelikhede, of ons
verpligtinge in die gemeente.
Of by die skool waar ons kinders is.
Alles word 'n gejaag na die nakom van afsprake en teenwoordig wees by
geleenthede waartoe ons opgeroep word.
Met die gevolg:
Jy verloor jouself in al hierdie sake.
Jy het niks meer aan jouself nie.
Jy leef ook eintlik nie meer vir jouself nie.
Jy leef vir ander, vir verantwoordelikhede, vir die nakom van afsprake.
Jy word eenvoudig net meegeneem.
18. Daarom:
Inkeer beteken om jouself weer te
vind.
Om rustigheid in jou lewe tekry. Om
te leer ontspan.
Om tyd te maak vir jouself.
Om weer vrede, rustigheid en rus te
kry.
En so weer die oog vir God in my
lewe te kry.
19. Hierop sal ander weer antwoord. Nee, dit kan tog
nie bekering wees nie. Bekering het tog immers
te make met 'n mens se verkeerde lewe. Die
verkeerde dinge wat ons doen, bedink en bedryf.
Bekering het te make met verkeerde gesindhede.
Daarom, ware bekering is geleë dat jy die
houding van gelowigheid sal inneem. Dat jy sal
doen wat die Woord van jou vra en sal vermy dit
waarteen die Woord waarsku.
20. Ook hier, meen ek, geld ons eerste
uitspraak—
die bekende word so maklik die gevaarlike.
Want so maklik,verloor ons uit die oog dat
bekering nie maar net te make het met my
lewe wat anders moet word omdat dit
eenvoudig van 'n gelowige verwag word nie.
Vergeet ons dat bekering tog seker ook in
die eerste plek iets te make het met die
lewende God en met my naaste.
21. Met die gevolg?
Bekering word niks anders as 'n bekering tot die
regtedinge, 'n lewenshouding, 'n stuk gelowigheid
nie. Dit word 'n goeiewerk, dit bepaal of jy
gelowig is of nie. Dit word iets wat staan in die
spanning tussen jouself, die wêreld, en of jy dit
regkry of nie. As jy slaag, is jy 'n goeie gelowige,
as jy nie slaag nie, is jy 'n minder goeie gelowige.
Dus: dit gaan om jouself, dit gaan om die daad
van bekering op sigself, of ek dit regkry of nie, of
ek goedvaar of nie. Of ek dit doen of nie.
22. Kom ons neem nog 'n laaste moontlikheid. Op
grond van bogenoemde verstaan van bekering,
te wete, dat bekering gaan oor die daad
opsigself, dat ek dit moet doen, omdat dit van my
verwag word, dat bekering daar is om van my 'n
beter mens te maak, sal ander weer antwoord:
maar julle ken mos die wet van God. Dit lui mos
baie duidelik dat jy God moet liefhê en jou naaste
moet liefhê. So, as bekering nie te make het met
byvoorbeeld die verbetering van my naaste se
lewe en hulle omstandighede nie, dan is dit nie
ware bekering nie.
23. Met die gevolg?
Ons ken dit so goed: bekering word 'n sosiale, politieke, 'n
maatskaplike aangeleentheid.
Bekering word: mense wat veronreg was moet nou bevoordeel
word, die wêreld moet ophou met oorlog en geweld, ons moet
stop om die osoonlaag te vernietig, ons siek samelewing moet
gesond gemaak word. Ons moet so leef dat almal uit die
samelewing kan voordeel trek, dat almal se omstandighede beter
kan word. Ons moet so lewe dat almal ewe veel het, dat niemand
veronreg word nie.
En gou, sonder dat ons dit besef, word elke denkbare sosiale,
maatskaplike of watter herstel program ook al, vir ons heel
aanvaarbaar.
Want dit het dan so 'n pragtige godsdienstige en Bybelse
onderbou.
En ons is mos godsdienstig. En ons glo mos die Bybel is God se
Woord.
24. Wat is gemeenskaplik in al drie die voorbeelde
wat ek hierbo genoem het?
Kom ek formuleer dit so:
bekering is iets wat die mens moet doen, in die
sin dat sy/haar dade moet verander.
Ons moet anders begin lewe, en hierdie ander
lewe is nie onderhandelbaar nie, ons moet dit
doen.
Hoekom? Want die Bybel vra dit van ons.
25. Efesiërs praat egter totaal anders oor bekering.
Bekering, sê Paulus hier, het nie in die eerste plek te
make met die mens wat verkeerd gelewe het en nou
beter moet begin lewe nie.
Bekering is nie net daar waar dade verander nie.
Bekering is nie net daar waar ek nou beter lewe nie.
Nee. Bekering is daar, begin daar, sêPaulus, waar die
mens verander. Nie die dade wat die mens doen nie,
maar die mens wat die dade doen.
Bekering is daar, sê Paulus,waar — in die eerste plek —
die mens nuut word, en nie noodwendig sy dade nie.
26. Bekering, sê Paulus, is nie in die eerste plek om
jouself weg te keer van dit wat verkeerd was nie.
Dit is nie in die eerste plek om weg te kom van
die ou lewe nie.
Dit is nie in die eerste plek die dade van die
mens wat anders moet word nie, dat ons goeie
mense moet word nie.
27. Nee, sê Paulus hier, bekering is, in die eerste plek,
eerder om jouself in die hande van die Een te plaas wat
goed is. Ek wil ditweer sê: bekering begin nie daar waar
ek 'n goeie mens te word nie, maar daar waar ek my in
die hande oorgee van die Een wat alleen goed is,
naamlik God. En omdat God my dan in sy hande
vashou, en ek al sy liefde en goedheid beleef, ek so
totaal daardeur oorweldig word, dat ek 'n nuwe mens
word.
28. Kom ons gebruik die bekende gelykenis van die
verlore seun, so bekend dat ons nie eers hoef
saam te lees om dit te onthou waaroor dit gaan
nie, as voorbeeld om te verduidelik wat ek
hiermee bedoel.
29. Hoekom het die seun na sy vaderhuis
teruggekeer? Was dit omdat sy geld
opgeraak het? Omdat hy honger was?
Omdat sy vryheid met al die moontlike
keuses wat dit ingehou het ewe skielik vir
hom te veelgeword het? Omdat hy die
vreemde nie meer kon hanteer nie?
30. Of was dit die herinnering aan 'n vaderhuis wat
altyd vir hom oopgestaan het? Dat daar in die
vensters van sy vaderhuis wagtende lampe
brand om hom die pad daartoe aan te dui? Dat
hy geweet het daar is iemand wat verlangend op
hom wag? Dat daar iemand wag wat hom altyd
goedgesind was en wat hom tussen al sy vodde
en vuilheid sal erken as die seun wat tevore daar
gewoon het? Ek dink so.
31. Daarom is bekering nie maar net dat dieselfde ou
mens sy vorige dade los of verander nie, dat
hy/haar sy verlede ontken en as`t ware uit
sy/haar verlede vertrek en nou anders gaan lewe
nie.
Nee!
Dit is eerder die vreugdevolle vertrek na dit wat
hy/sy voor hom/haar het:
'n Vaderhuis wat altyd oopstaan. Daarom sê die
woord bekering niks anders as: Salig hulle wat 'n
tuiste het, want hulle mag huis toe kom.
32. Solank ons bekering sien as die inkeer tot myself (om
bv. rustiger te word), die wegkeer van my ou dade (om
so sg 'n beter menste word), of om so te begin lewe dat
die wêreld rondom my deur my dade 'n beter wêreld
word, sal ons lewens, en veral ons geloofsbelewing dié
wees van 'n lewe van opstaan en val, van suksesse en
mislukkings, sonder die ervaring dat ons vooruit gaan in
die geloof, sonder die gevoel en wete dat ons nader en
nader aan God beweeg. Een groot stuk moeite, waarvan
ons dikwels sal moet sê: maar ek vorder nie eintlik nie.
My lewe verander nie eintlik nie. Al probeer ek hoe hard.
Al is my motiewe hoe opreg.
33. Want dan leef ons nog as die ou mens.
Die ou mens sonder God wat probeer om die lewe nuut
te maak deur die dade te verander.
Paulus sê:word eers die nuwe mens wat jy is, gaan eers
weer na die Vaderhuis, ervaar eers weer daar is iemand
wat jou werklik liefhet, wat nie na jou uit die hoogtes
roep nie, maar vir jou die dood kom deurworstel het, wat
jou duur gekoop het, wat jou by Hom wil hê.
Voel eers weer wat dit beteken wanneer hierdie Iemand,
die Ewige, jou in hierdie lewe vashou.
34. Net God kan ons nuut maak.
Nie onsself nie.
Al is ons hoe ernstig oor die bekering van onsself
van die verkeerde.
Al slaag ons hoe goed daarin.
Ons kan nie die beeld van God in ons terugkry
deur ons dade te verander nie.
As ons dit probeer doen , lap en stop ons maar
net aan die ou mens.
Dan bly die oproep tot bekering dit wat maar
moeilik is.
35. Die pad na die Vaderhuis kom dus nie in die eerste plek
deur bekering nie.
My kamer in die huis van my Vader verdien ek nie deur
reg te lewe, my daagliks te bekeer nie.
Nee.
Ek word nuutgemaak, ek kom daar tuis omdat ek weet
ek is daar welkom.
En wanneer ek daar begin woon, word ek so oorweldig
deur die goedheid van die Vader, dat bekering, dit wat
so moeilik in die verlede was, nou sommer so iets
terloops word, iets baie maklik.
36. Want, tuisgaande in die Vaderhuis,
nuutgemaak, oorweldig deur die
teenwoordigheid van die Vader en toegevou
in sy liefde, kan ek nie, en wil ek nie anders
as om te wys dat ek 'n hemelse Vader het
wat my nuutgemaak het nie.
Dan word bekering een groot stuk vreugde.
37. Is dit so in ons lewens
Of is ons probleem dalk nog steeds dat
ons meen dat ons self nuwe mense
moet word.
Net God kan dit doen.
Soek daarom maar eers die koninkryk
van God, en die ander dinge sal
bygevoeg word.